Wednesday, July 18

Two Tragedies in Life - Bernard Shaw




"There are two tragedies in life. One is to lose your heart's desire, the other is to gain it." - Bernard Shaw


Season 2 - Episode 22


Hierdie vakansie het ek so 2 dae "One tree hill marathon" gehad. Die bogenoemde stelling was 'n opstel opdrag aan die klas in die reeks. Ek het dadelik begin wonder wat dit is wat Mnr. Shaw nou eintlik met die stelling bedoel het, en of ek saam stem met die interpretasie van die karakters in die reeks.

"The first is to lose your heart's desire". Letterlik opgeneem is hierdie stelling heel duidelik in sy bedoeling: Om dit te verloor wat jou hart begeer.

"the other is to gain it". Nou hoekom, as die eerste tragedie dan is om jou harts begeerte te verloor, sal die tweede een wees om dit te kry?

Net hier is dit toe waar my kop op loop gaan, want uit hierdie kort tweede gedeelte van die stelling kan 'n hele paar afleidings gemaak word. Indien die tweede gedeelte betrekking het op die eerste een, verstaan ek dat die rede hoekom dit 'n tragedie is om jou harts begeerte te kry, is dat die eerste stelling dan kan waar word. Want om iets te verloor, moet jy dit inderdaad eers kry. Die tragedie is dan dat wanneer jy jou harts begeerte kry, kan jy jou harts begeerte verloor.

'n Tweede afleiding wat ek uit die tweede stelling alleen kan maak, is dat die besit van jou harts begeerte jou motivering vir enige iets anders sal stop. Wat is daar om voor te veg, voor te leef wanneer jy dit het wat jou hart begeer?  Indien aanvaar word dat hierdie hartsbegeerte 'n droom of ideaal is, dan kan die bereik van daardie droom of ideaal beteken dat jy jou droom verloor het. Jy het jou droom verloor, deur jou droom te bereik.

Hierdie is 'n kontroversiele stelling wat deur elke persoon, in sy of haar huidige omstandighede, verskillend interpreteer sal word. Laat gerus kommentaar oor wat hierdie stelling vir jóu beteken, en óf dit op jou lewe van toepassing is.

***

No comments:

Post a Comment