Wednesday, August 17

Lone Ranger

In vandag se lewe word vrouens grootgemaak om onafhanklik te wees. Van kleins af word ons geleer om op ons self staat te maak. Hard te leer, sodat ons vir onsself kan voorsien. Ons word geleer om op te staan vir ons regte, om nie terug te staan vir die teenoorgestelde geslag nie.Persoonlik dink ek ek het al daardie vaardighede bemeester, ek is 'n dame wat haar man kan staan.



Maar, wat gebeur as jy nie wil onafhanklik wees nie. Wat gebeur as jy ook iemand soek om op staat te maak, iemand om die leiding te neem. Wat gebeur as jy so onafhanklik geword het dat jy niemand meer nodig het nie? Mense wil voel dat hulle nodig is. As hulle nie meer nodig voel nie soek hulle 'n ander plek om belangrik te wees. Die punt waarby ek uitkom is dat onafhanklikheid nie altyd so 'n goeie ding is soos wat dit elke dag by ons ingedrill word nie.

Ek kyk na sterk invloedryke vroue, en dit lyk of hulle op hulle eie funksioneer. Persoonlik vind ek dat seuns geintimideer word en meisies is jaloers. Dus het 'n onafhanklike vrou genoeg kennisse om 'n leetyd te hou. Kontakte wat enigeiets kan uitrig, maar nie daardie IEMAND nie. Daardie iemand sonder wie hulle nie kan klaarkom nie. Is dit dalk nie goed so nie? Om nie Iemand te he nie, beteken om nie vrese, hartseer of NOG stressors te he nie.

Partymaal het ons iemand nodig om van afhanklik te wees, iemand wat JOU laat nodig voel. Dit is als goed en wel om te kan alleen loop op die lewenspad, maar dit is in ons menslike natuur om nie te WIL alleen loop nie. So onafhanklikheid is 'n goeie eienskap, dit is seker die beter manier om te leef, maar in my persoonlike ervaring, deffinitief nie altyd die lekker manier nie.
-Lone Ranger***

No comments:

Post a Comment