Wednesday, August 17

Lone Ranger

In vandag se lewe word vrouens grootgemaak om onafhanklik te wees. Van kleins af word ons geleer om op ons self staat te maak. Hard te leer, sodat ons vir onsself kan voorsien. Ons word geleer om op te staan vir ons regte, om nie terug te staan vir die teenoorgestelde geslag nie.Persoonlik dink ek ek het al daardie vaardighede bemeester, ek is 'n dame wat haar man kan staan.



Maar, wat gebeur as jy nie wil onafhanklik wees nie. Wat gebeur as jy ook iemand soek om op staat te maak, iemand om die leiding te neem. Wat gebeur as jy so onafhanklik geword het dat jy niemand meer nodig het nie? Mense wil voel dat hulle nodig is. As hulle nie meer nodig voel nie soek hulle 'n ander plek om belangrik te wees. Die punt waarby ek uitkom is dat onafhanklikheid nie altyd so 'n goeie ding is soos wat dit elke dag by ons ingedrill word nie.

Ek kyk na sterk invloedryke vroue, en dit lyk of hulle op hulle eie funksioneer. Persoonlik vind ek dat seuns geintimideer word en meisies is jaloers. Dus het 'n onafhanklike vrou genoeg kennisse om 'n leetyd te hou. Kontakte wat enigeiets kan uitrig, maar nie daardie IEMAND nie. Daardie iemand sonder wie hulle nie kan klaarkom nie. Is dit dalk nie goed so nie? Om nie Iemand te he nie, beteken om nie vrese, hartseer of NOG stressors te he nie.

Partymaal het ons iemand nodig om van afhanklik te wees, iemand wat JOU laat nodig voel. Dit is als goed en wel om te kan alleen loop op die lewenspad, maar dit is in ons menslike natuur om nie te WIL alleen loop nie. So onafhanklikheid is 'n goeie eienskap, dit is seker die beter manier om te leef, maar in my persoonlike ervaring, deffinitief nie altyd die lekker manier nie.
-Lone Ranger***

Sunday, August 7

"There's no such thing as a wrong turn" Land Rover

Noem die woorde publieke vervoer en dit bring grillerige prentjies in jou kop en 'n frons op jou voorkom. In ons land word dit geassosieer met die armer klasse en indien jy jou status wil behou word jy nie naby 'n bus, trein of taxi gesien nie - "Ag nee wat! Ons Land Rover ry maar al te lekker". Daar is egter 'n uitsondering op hierdie reel. Of  dit net 'n nicci is en of dit gaan hou kan ek nie se nie, maar die nuwe inskrywing op alle suid-afrikaners se bucket list is 'n rit op die Gautrein. Dit word beplan nes 'n uitstappie na die Nelson Mandela Museum.


Wel, hierdie itempie is nou van my lysie af. Ek het laas Saterdag amptelik my eerste Gautrein rit meegemaak, van Kempton Park af Rosebank toe...en dit nog in die aand ook! Die stasie waar ons opgeklim het is reg langs OR Tambo, maar om die rit van die lughawe af mee te maak sal jou 'n R100 meer uit die sak uit jaag. So daar begin die soektog toe na die Rhodesfield stasie in Kempton Park. Ons oulike GPS is vas oortuig dat die enigste Gautrein stasie in daardie omgewing die een by die lughawe is. So maak nie saak hoe ons probeer nie, DIS waarheen sy ons vat. Die Rhodesfield stasie is duidelik sigbaar van die hoofweg af, dit is egter 'n probleem om van die hoofweg af by hom uit te kom. Dan ook nog by sy REGTE kant in te kom en dit tussen deur al die padwerke. Na 'n rit van omtrent 'n uur en pa al drie keer besluit het om maar huis toe te gaan het ons uiteindelik die pad na die Gautrein gevind.


By die Rosebank stasie aangekom weet ons toe glad nie of mens nou afklim en of jy maar net kan bly sit vir die terugrit. Ons stel toe die vragie aan 'n baie behulpsame sekuriteitsdame wat ons vriendelik laat weet on moet terug  klim op die trein as ons wil Rhodesfield toe gaan. Net weer terug op die trein keer een van die passasiers ons voor om te se dat ons eers moet uitteken voordat ons weer kan terugry. So maak ons toe maar weer die tog uit by die trein en 'n onverwagte 5 vloere op na die "uitteken zone".

Oppad op by die 5 stelle roltrappe gewaar ek 'n Land Rover advertensie bord teen een van die stasie mure. Die woorde op die bord sleep my oe nader en gryp toe my gedagtes. 

"There's no such thing as a wrong turn" Land Rover. 

Net daar besluit ek toe om die woorde my eie te maak. Want maak nie saak hoeveel keer ons verkeerd gery het nie, sonder al die draaie sou my eerste Gautrein rit maar net soos die ander 50miljoen suid-afrikaners s'n gewees het en ek sou nie 'n storie gehad het om te vertel nie. Verkeerde draaie, of laat ek eerder se langer paaie, bring jou nogsteeds by die bestemming uit. Nou verwys ek nie net na die letterlike pad nie maar oor die algemeen. Die verskil is dat 'n langer draai vir jou 'n storie gee om te vertel, 'n memory. 

We do not remember days; we remember moments.  ~Cesare Pavese, The Burning Brand

Every man's memory is his private literature.  ~Aldous Huxley

 en die beste een van almal

“You have to begin to lose your memory, if only in bits and pieces, to realize that memory is what makes our lives. Life without memory is no life at all, just as an intelligence without the possibility of expression is not really an intelligence. Our memory is our coherence, our reason, our feeling, even our action. Without it, we are nothing.”

Luis Buñuel

Toe ek besig was om te soek vir 'n prentjie van die Land Rover advertensie (Wat ek duidelik nie gekry het nie) het ek op hierdie video afgekom. Dink die baie inspirerend, sal love om ook eendag so iets te doen!