Wednesday, July 27

'n Nuwe Begin

Ok, so ek's nog nie 'n eerstejaar nie. Ek is eintlik nog net 'n  matriek, oppad op die warrelwind roete na universiteit. Ek het 'n dagboek gekry toe ek 12 jaar oud was en deur die jare het hierdie dagboek my lewensblad geword. 

Hierdie dagboek se blaaie is nou vol geskryf, dit hou my hele hoerskool reis tussen sy helder pienk buiteblaaie. Daarom begin ek nou 'n blog. 'n Nuwe dagboek vir 'n nuwe reis. Ek begin hierdie reis in die derde kwartaal van my matriekjaar, omdat die reis NOU begin. Matriekafskeid, matriekvakansie, eindeksamen, toelatingstoetse, koshuiskeuring, lisensie en die laaste paar maande in my ouerhuis. Die laaste paar maande van afhanklik wees en die eerste maande van voorberei om onafhanklik te wees.

Die blog ding is nog nuut, so die eerste paar maande gaan maar bietjie stadig gaan, maar ek is gretig om te leer en baie opgewonde oor die nuwe uitdaging.

No comments:

Post a Comment