Thursday, July 28

Live without regrets...

"Extraordinary Measures". Dis die naam van die movie wat ek vanaand gekyk het. Ja ek weet ek is in matriek en "daar is nie tyd om so te mors nie", maar dit was akademies verpligtend gewees. Ek moet Maandag 'n engelse taak ingee wat my reaksie op 'n boek of film is. Baie nice movie, as jy geinteresseerd is in biochemie of medies en in die voorafgaande 2 weke hormone in biologie behandel het. Die eintlike rede waarom ek skryf oor die movie is omdat daar toe ek dit gekyk het 'n gedagte by  my opgekom het. Die gedagte vir vanaand se post, "Live without regrets". Ek is nie seker presies wat in die film hierdie idee in my kop gesit het nie, maar hier is my opinie daaroor.


Proverbs 10:22

Contemporary English Version (CEV)
22When the LORD blesses you
   with riches,
   you have nothing to regret.

"Spyt kom altyd te laat.."
Ek sal graag hierdie aanhaling wil verander. Verander dit na die beter engelse weergawe: Leef sonder spyt. Dit is een van my lewensideale om so te leef, dat ek eenddag kan terug kyk en weet dat elke moontlike geleentheid gebruik het. Elke oomblik vasgegryp het en geleer het uit my foute. Daar moet geen spyt wees oor geleenthede gemis, of verkeerde keuses gemaak nie. Dit moet eerder gesien word as 'n nuwe geleentheid, 'n nuwe keuse. Daar is 'n liedjie deur Rascal Flatts, Bless the broken road. Die woorde is beskikbaar by Lyrics: Bless the broken road - Rascal Flatts, die koor gedeelte lyk so: 
Every long lost dream led me to where you are
Others who broke my heart they were like Northern stars
Pointing me on my way into your loving arms
This much I know is true
That God blessed the broken road
That led me straight to you

Alles wat jy doen, elke keuse wat jy maak is deel van die plan. Sonder dit sou jy nie uitkom waar jy moet wees nie. DIT MOET SO WEES!

Ok, ek is nog glad nie so nie. Elke keer as ek iets stupid vir iemand se speel dit ten minste vir 24uur DIE HEELTYD in my kop. Oor, en oor, en oor... Ek dink aan beter moontlike woorde, aksies, selfs 'n beter manier om te lag!

Voordat ek begin skryf het vanaand het ek "live without regrets" gegoogle en op hierdie prentjie van Reese Witherspoon afgekom. Dit beeld uit presies wat in die naam van die Blog voorgestel word.




Leer om te leef sonder spyt!

Wednesday, July 27

'n Nuwe Begin

Ok, so ek's nog nie 'n eerstejaar nie. Ek is eintlik nog net 'n  matriek, oppad op die warrelwind roete na universiteit. Ek het 'n dagboek gekry toe ek 12 jaar oud was en deur die jare het hierdie dagboek my lewensblad geword. 

Hierdie dagboek se blaaie is nou vol geskryf, dit hou my hele hoerskool reis tussen sy helder pienk buiteblaaie. Daarom begin ek nou 'n blog. 'n Nuwe dagboek vir 'n nuwe reis. Ek begin hierdie reis in die derde kwartaal van my matriekjaar, omdat die reis NOU begin. Matriekafskeid, matriekvakansie, eindeksamen, toelatingstoetse, koshuiskeuring, lisensie en die laaste paar maande in my ouerhuis. Die laaste paar maande van afhanklik wees en die eerste maande van voorberei om onafhanklik te wees.

Die blog ding is nog nuut, so die eerste paar maande gaan maar bietjie stadig gaan, maar ek is gretig om te leer en baie opgewonde oor die nuwe uitdaging.