Sunday, October 9

To dream, or not to dream...


So die cliche sêding sê: "Follow your dreams!". Wanneer enigeiemand raad gee oor beroeps of studie keuses is die eerste brokkie raad uit hulle monde: "Doen net dit waarvan jy hou!".

Wat dan as dit waarvan jy hou nie werksgeleenthede bied nie? Wat as dit waarvan jy hou nie baie geld verdien nie, nie enige "voordele" of "spesiale pakette" insluit nie? Wat as jou beroep van keuse een dag benodig word en die volgende dag moontlik nie meer kan bestaan nie?

Die eeue oue cliche vraag wat aan ons gevra word vandat ons ons monde kan oopmaak het skielik nie meer so eenvoudige, hart-antwoord nie. Dit word 'n besigheids besluit, met politieke en geestelike faktore wat deurdink moet word tot op die fynste detail. Die toekoms moet geanaliseer word en die verlede moet herroep word in die pogings om die perfekte "droom" te vind. Wanneer jy hom vind moet jy hom vorm die beste wat jy kan om hom by jou te laat pas en dan, lEEr jy hom maar liefkry!

My hart-droom is om 'n redaktrise te wees. Om op my jongdae die wereld vol te reis en enige iets van oorloe tot koninklike troues te beleef. Later wil ek 'n tydskrif redaktrise wees en miskien my eie tydskrif besit...

Dit is die "hart-droom", maar voordat die hart-droom sy kop te ver uitsteek smoor ons hom in sy spore met die oorweldigende vaart van die kop-droom, die wereld droom. Want daar is nie 'n toekoms in joernalistiek nie, daar is nie beroepsmoontlikhede nie en daar is deffinitief nie hope geld nie.

Die enigste beroepe wat in die kop-droom prentjie bestaan, is Dokter, Prokureur, Ingenieur of Aktuaris. Indien jy in die kop-wereld wil oorleef, moet jy aan die kop-wereld vereistes voldoen. Die hart-droom word nou mooi verpak en toegedraai, en dan verigtig weggepak in 'n kluis vir letere gebruik. Die plan is om die wereld-droom te vervul en daarna, as jy ty het, aan die hart-droom te werk. Die probleem is egter dat die kop-droom oorneem en dat die hart-droom nooit uit die veiligheid van die kluis vrygelaat word om die wereld te verras nie.

Deur die jare leer jy seker om die kop-droom lief te he, jy leer om al jou krag en energie daarin te sit en die grootste sukses daarvan te maak. Maar iewers diep agter in die kluis, sal die hart-droom altyd roep en se: "Wat as...?"